Founded by a passion for good horses and riding them in beautiful places.
2Doorn Equine verwys na die 2 buurplase Doornkloof (Oubaas Schoeman en familie) en Doornkraal (Swepie le Roux en familie) naby De Rust in die Klein Karoo. Hulle kom al 'n lang pad met perde en het saamgespan met Eben Karstens, 'n talentvolle perdeman om geesdriftige perdeliefhebbers 'n diens te lewer.
Dis nou van perde leer, probleemperde help, geleerde perde verkoop, gaste op ritte uit te neem, poniekampe vir kinders asook perdrykursusse vir grootmense. Ons perde is Kaapse Ryperde, voorloper van die Boerperd, en hulle is veelsydig, gehard, vasvoetig en het 'n uitstekende temperament en werksvermoe.
Welkom in ons wereld!